Achilles

Definisie

Mark Cartwright
deur , vertaal deur Willem du Plessis
gepubliseer op 29 September 2012
X
translations icon
Achilles & Penthesileia (by Marie-Lan Nguyen, CC BY)
Achilles en Pentesileia
Marie-Lan Nguyen (CC BY)

Leier van die angswekkende Myrmidons, afbreker van stede en doodslagter van Hector, die goddelike Achilles was eenvoudig onoorwinlik op die slagveld, en slegs deur die goddelike ingryping van Apollo het hy uiteindelik sy lang bewind as die grootste Griekse vegter verloor. Die dapperste, sterkste en selfs die beste held van al die Grieke wat na Troje gevaar het om Helen terug te wen, was Achilles ook te trots vir sy eie beswil, en sy roekelose woede sou albei sy landgenote en die vyand kos.

Vroeë lewe

In die Griekse mitologie is Achilles gebore aan Peleus en Thetis die Nereid. Sy ma, om haar seun onsterflik te maak, het hom oor 'n goddelike vuur of in sommige oorvertellings in die rivier Styx gedoop. Die baba is egter aan sy hakskeen vasgehou, en daarom het hierdie deel van sy liggaam kwesbaar gebly en uiteindelik sou hierdie swakheid tot Achilles se ondergang lei. Thetis, wetende dat haar seun 'n beroemde, maar kort lewe sou hê, het Achilles probeer van die wêreld wegsteek, en daarom is hy grootgemaak op Skyros saam met die koninklike Lykomedes familie. Sommige verhale vertel dat hy selfs as 'n meisie vermom is, juis om hom te versteek van die wêreld. Sommige berigte vertel ook dat Achilles se opvoeding deur die held Chiron behartig is. Chiron, die wyse centaur, was ook die opvoeder van die beroemde held Hercules.

Verwyder Advertensies
Advertisement

Die Trojaanse Oorlog

Verreweg die rykste bron van ons kennis aangaande Achilles is Homer se weergawe van die Trojaanse Oorlog in die Iliade. In werklikheid kan redeneer word dat dat Achilles die ster van die stuk is, en Homer beskryf selfs die verhaal as 'n storie van die woede van Achilles. Vroeg in die boek word Odysseus, die verstandige koning van Ithaca, gestuur om Achilles te vind en hom te oorreed om deel te neem aan die komende oorlog tussen Grieke en Trojane. Odysseus was 'n formidabele onderhandelaar, en met Achilles se dors na glorie, was die ambassade suksesvol en Achilles het sy seun Neoptolemus agtergelaat en na Troje geseil. Saam met hom het 50 skepe gevaar, elkeen met 50 manne van sy eie private leër, die Myrmidons - vreesaanjaende vegters wat deur Zeus van miere omskep is en aan sy seun Aiakos, koning van Aegina en vader van Peleus gegee is.

Verwyder Advertensies
Advertisement

Penthesilea & Achilles
Penthesilea & Achilles
Mark Cartwright (CC BY-NC-SA)

Die Achaïese beleg van Troje het tien jaar geduur, en in hierdie tyd het Achilles uitgeblink op die gevegsveld en nie minder as 23 stede in die omgewing verslaan. Vroeg in die konflik het die held ook die Trojaanse prins Troilus in 'n lokval gevang terwyl dié by 'n fontein water gedrink het en 'n offer ter ere van Apollo aangebied het. Dit was voorspoedig vir die Grieke, aangesien 'n orakel voorspel het dat as dié prins doodgemaak word voordat hy 20 jaar oud is dat Troje sou val. In sommige verhale het die moord op Troilos op 'n heilige reservaat van Apollo plaasgevind, en dit kan moontlik die wrok van die boogskutter Apollo teen Achilles verklaar.

Die Achaërs het in hierdie tyd redelik goed gevaar, maar hul lot het dramaties verander toe Agamemnon, koning van Micene en leier van die Griekse magte, met Achilles in konflik getree het. Die rusie het begin nadat Achilles twee skoonhede in een van sy klopjagte ontvoer het - Briseis en Chryseis. Aangesien dat hy die eersgenoemde vir homself gehou het, is Chryseis aan Agamemnon gegee. Die pa van Chryseis, Chryses, het egter 'n aanloklike losprys aangebied vir die veilige terugkeer van sy dogter. Agamemnon het geweier, en aangesien Chryseis 'n priesteres van Apollo was, was die god ontevrede met die besluit en het hy 'n plaag gestuur om onder die Achaiense kamp verwoesting te saai. Agamemnon het uiteindelik moed ingegee en Chryseis prysgegee, maar hy het onmiddellik Briseis van Achilles afgeneem om homself te troos vir sy verlies. Achilles en sy Myrmidons het terug na hul kamp gestorm om die res van die oorlog uit te sit.

Verwyder Advertensies
Advertisement
Achilles, versier in sy goddelike wapenrusting en steeds woedend en opsoek na wraak, neem weer na die slagveld.

Sonder hul talismaniese stryder het die Achaërs se lot verval en die Trojane het hul vertroue herwin in Achilles se afwesigheid. Die Trojane het selfs naby aan die mure van die Achaiense kamp gekom in hul aanvalle en daarin geslaag om 'n brand onder die Griekse skepe te begin. Om Achilles se vertroue terug te wen, het Agamemnon wonderlike geskenke aangebied asook die terugkeer van Briseis, maar dit was tot geen voordeel nie. Gedurende hierdie uur van groot gevaar het selfs Achilles se groot vriend Patroclus (Patroklos) die held gesmeek om weer die slagveld te betree of hom ten minste toe te laat om die Myrmidons in die geveg te lei. Achilles het tot laasgenoemde ingestem, en aan Patroclus sy wapenrusting gegee. Hy het verder aan Patroclus gesê dat hy slegs in verdedigende optrede deel te neem en nie die Trojane na Troje na te jaag nie. Toe die Trojane die gepantserde Patroclus sien, het hulle gedink dat Achilles weer die stryd toegetree het en daar het dadelik paniek ontstaan ​onder die Trojane. Patroclus, wat suksesvol die skepe beskerm het, het die raad van sy leier geïgnoreer en die vlugtende Trojane agtervolg na Troje. Selfs die Lisiër Sarpedon, 'n seun van Zeus, is deur Patroclus verslaan voor hy die mure van Troje bereik het. Ongelukkig vir die jong kryger, het Apollo, beskermer van die Trojane, op daardie oomblik besluit om in te gryp, en hy het die helm en die wapenrusting van sy lyf losgemaak en die spies van Euphorbos gelei om hom in die rug te steek. Patroclus is slegs deur die hou gewond, maar Hector, die Trojaanse prins, was op die punt om die finale, noodlottige slag te lewer. Daarna volg 'n lang stryd oor die besit van die liggaam, met die Achaërs, gelei deur Menelaos en Ajax, wat uiteindelik daarin geslaag het om die gevalle Patroclus na hul kamp terug te neem.

Die woede van Achilles

Toe Achilles die tragedie van Patroclus se dood ontdek, was hy oorweldig van woede; nou sou hy veg en wraak neem vir die dood van sy vriend. Hy het dadelik sy moeder Thetis gevra om nuwe wapens te voorsien en sy het Hephaistos, die god van die metallurgie, aangestel om die wonderlikste wapenrusting wat ooit gemaak is, vir die held te smee. Homer beskryf die wapenrusting breedvoerig; die glansende skild het allerhande tonele in goud, silwer en emalje uitgebeeld, die kranse was van blink tin, en die helm het 'n helmteken van goud gehad.

Achilles, versier in sy goddelike wapenrusting en steeds woedend en opsoek na wraak, neem weer na die slagveld en stuur 'n lang ry Trojaanse helde na Hades. Hy het daarna Hector agternagesit, en alhoewel Apollo drie keer probeer het om die prins in miswolke te beskerm, het die twee helde mekaar uiteindelik in 'n geveg buite die mure van Troje ontmoet. Hector, hoewel hy self 'n groot en dapper vegter was, was nie 'n ernstige bedreiging vir Achilles nie. Nadat Achilles die Trojaan vinnig verower het, het hy hom aan sy wa vasgemaak het, en die lyk voor die mure van die stad gesleep terwyl sy treurende gesin toekyk. Daarna keer hy terug na die Griekse kamp. Die wrede behandeling van Hector se lyk was ​​'n onheilige daad wat alle etiket van antieke oorlogvoering verbreek het.

Verwyder Advertensies
Advertisement

Priam, koning van Troje, reis in die geheim na die kamp van sy vyand om by Achilles te pleit om die liggaam van sy seun terug te gee sodat hy 'n behoorlike begrafnis kon kry. Na 'n lang en ontroerende appèl en met 'n bietjie ekstra raad van Athena, het Achilles uiteindelik ingestem tot die versoek van die ou koning.

Achilles and Ajax By Exekias
Achilles en Ajaks, deur Exekias
Dan Diffendale (CC BY-NC-SA)

Nieteenstaande hierdie dramatiese gebeure, het die oorlog voortgeduur en Achilles het voortgegaan om die verrigtinge te oorheers, en selfs Memnon, die koning van die Ethiopiërs en die neef van Priam is deur hom doodgemaak. Die uiteinde was egter naby vir die groot kryger. Net soos sy ma gevrees het, ondanks die verowering van sy glorie en beroemdheid, sou die held in sy hoofrol afgekap word. Dit was weereens Apollo wat ingetree het in die sake van die mens en 'n pyl gerig het wat deur Paris losgelaat is - die Trojaanse prins wat in die eerste plek die oorlog begin het deur die beeldskone Helen te ontvoer. Natuurlik tref die pyl die enigste kwesbare plek, die hak, en Achilles is dus na Hades gestuur. Die held Ajax het daarin geslaag om die lyk te herstel en dit teruggeneem na die Achaërs se kamp waar begrafnisspele gehou was ter ere van die gevalle vegter. Die pragtige wapenrusting, na 'n geknoei met Ajax, is aan Odysseus gegee, wie se idee van die houtperd uiteindelik na die oorwinning van die Grieke sou lei.

Vertoë in kuns

Achilles is 'n gewilde onderwerp in antieke Griekse kuns, wat op vase van regoor Griekeland, van Athene tot Mykonos, verskyn. Toneelstukke van pottebakkery van swart en rooi figure van die 7de tot die 5de eeu VHJ behels Peleus wat sy seun in Chiron se versorging oorlaat, Achilles wat sy goddelike wapenrusting ontvang van sy moeder Thetis, die held wat prins Troilus agtervolg het en natuurlik Hector wat doodgemaak word en gesleep word agteraan sy wa. Achilles dra gewoonlik 'n helm en 'n skild met 'n gorgone-apparaat wanneer hy in 'n wapenrusting is. Een van die algemeenste voorstellings (meer as 150 bestaan) is 'n uitbeelding van Achilles en Ajax geklee in hul wapenrusting en 'n bordspeletjie met dobbelstene speel tydens 'n rustyd gedurende die Trojaanse Oorlog. Miskien is die mees bekendste voorbeeld is 'n swartfiguur-amfora wat dateer uit 530 VHJ en nou in die Vatikaan-museum gehuisves is.

Verwyder Advertensies
Advertisement

Verwyder Advertensies
Advertensie

Bibliografie

World History Encyclopedia is 'n Amazon-medewerker en verdien 'n kommissie op kwalifiserende boekaankope.

Oor die Vertaler

Willem du Plessis
Willem is interested in Ancient Cultures specifically Classical Studies and the Ancient Near East as well as war, peace, and politics in these societies. He is pursuing post-graduate studies in the near future.

Oor die Skrywer

Mark Cartwright
Mark is ’n geskiedskrywer wat in Italië gevestig is. Sy spesiale belangstellings sluit pottebakkerskuns, argitektuur en wêreldmitologie in, sowel as die ontdek van gemeenskaplike idees wat alle beskawings deel. Hy het ’n meestersgraad in Politieke Filosofie en is die Uitgewersdirekteur by WHE.

Siteer hierdie werk

APA-styl

Cartwright, M. (2012, September 29). Achilles [Achilles]. (W. d. Plessis, Vertaler). World History Encyclopedia. Opgehaal vanaf https://www.worldhistory.org/trans/af/1-10354/achilles/

Chicago-styl

Cartwright, Mark. "Achilles." Vertaal deur Willem du Plessis. World History Encyclopedia. Laas gewysig September 29, 2012. https://www.worldhistory.org/trans/af/1-10354/achilles/.

MLA-styl

Cartwright, Mark. "Achilles." Vertaal deur Willem du Plessis. World History Encyclopedia. World History Encyclopedia, 29 Sep 2012. Web. 18 Apr 2024.